Dolfyntjies kraai koning in kaskar-resies

0

Suid-Natal Primêre Skool was behoorlik aan die gons omtrent die Graad R’e se kaskar-resies.

Die Skulpie en Vissie klasse het ‘n goeie poging aangewend maar die Dolfyntjie klas het weggestap met die wen-beker vir ‘n derde jaar in ‘n ry.

Die Graad 1’s is besig om oor veiligheid te leer; veiligheid op die pad, teen vreemdelinge en in en rondom die huis. Die veiligheid van ons leerders is hoogs prioriteit vir Suid-Natal Primêr en ons is opgewonde oor die vrugte wat die onderrig gaan oplewer.

Dit was ook ons Graad 1’s se beurt vir Markdag by die skool. Baie dankie aan al die ouers, personeel en jong entrepreneurs, julle was uitstekend, baie dankie!

Ons rugby, netbal en hokkie spanne het deelgeneem aan ‘n groot sportbyeenkoms teen Kuswag. Dit was ‘n volgepropte program en al die leerders het hul beste gelewer en die dag baie geniet. Suidies, ons is trots op julle!

Share.

About Author

Leave A Reply