Sheppiedag: Netbalspanne wys hul Suidies-harte – foto-album

0

Sheppie High het vanjaar se Sheppiedag, wat deur goeie spel en sportiwiteit gekenmerk is, aangebied.

Saterdag se netbal-uitslae was nie in die Hoërskool Suid-Natal se guns nie, maar die meisies se vegtersgees was opvallend. Die eerstespan-stryd is met 23-15 deur Sheppie gewen.

Suidies het die vyfde jaar in ‘n ry die groot eerstespan-rugbystryd gewen. Hulle het ‘n naelbyt-sege met 25-24 beklink en die trofee behou. Die onder-16s het ook net-net met 19-17 gewen.

Die eerstespan-hokkiebokkies het goed gespeel en het danksy ‘n oorwinning van een-nul hul trofee behou. Die onder-16s was in ‘n verwoestende bui en het met 3-0 gewen.

Rugby-uitslae:

15: 27-28
16: 19-17
2de: 0-40
1ste: 25-24

Netbal-uitslae:

14A: 21-22
14B: 3-13
15A: 1-23
16A: 5-25
16B: 9-12
2de: 13-16
1ste: 15-23

Hokkie-uitslae:

16: 3-0
2de: 0-2
1ste: 1-0

Share.

About Author

Leave A Reply