Suidies hou lekker Markdag

0

Uiteindelik na baie voorbereiding was dit die Graad 4’s se Markdag Vrydag, en hulle was behoorlik uit hulle velle.

Baie dankie aan elke ouer se bydrae, dit word opreg waardeer. Dit was ʼn groot sukses en almal het dit geniet.

Gedurende die Maart skoolvakansie het Suid-Natal Primêre Skool se senior netbal- en rugby spanne aan ʼn toernooi deelgeneem.

Twaalf van ons leerders is uitgenooi om op toer na Mauritius te gaan in die September 2019 vakansie. Ons vertel julle meer bietjie later in die jaar.

Rugby spelers het van al die plaaslike skole gekom vir die Laer Suidkus proewe laas week. Dit was baie goed ondersteun en ons sien uit na die Suidkus proewe wat volg.

Die leerders van Suid-Natal is opgewonde vir die wintersport wat in hierdie kwartaal beoefen word.

Hokkie, netbal en rugby word nou hard beoefen by die skool in voorbereiding van ons Wintersportdag op 18 Mei en 1 Junie onderskeidelik.

Share.

About Author

Leave A Reply