Suidies laat landloop-rekords spat

0

Die byeenkoms het gerealiseer, die weer het saamgespeel en Suid-Natal Primêre Skool kon die Interhuislandloopbyeenkoms suksesvol afhandel.

Massadeelname is die doelwit en ons kinders het met mening deelgeneem. Die gesindheid waarmee ouers, personeel en kinders deelgeneem het aan hierdie dag se pret, is iets besonders om te aanskou.

Die wenspan vir hierdie jaar se landloopbyeenkoms is die Blouspan met 554 punte!

Nuwe rekords is verbeter:
Liam Venter (4:11,44) (1 km) O/7;
Denique Enslin (4:31,00) (1km) O/7
JP Pretorius (3:59,51) (1 km) O/8;
Nicolene Robbertse (4:24,00) (1 km) O/8
Hannes Hoffman (12:34,19) (3 km) O/13
Rinaldo Hattingh (12:44,77) (3 km) O/14

Ons Graad R opedag was ‘n reuse sukses. ‘n Toer van ons skool, konsert deur ons huidige Graad R groep en uitstalling van die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word by die skool, was maar net ‘n paar items aangebied aan ons toekomstige ouers van 2020.

Die ouers het ook die geleentheid gekry om reeds hulle kinders vir volgende jaar in te skryf. Dit bly ‘n belangrike keuse waar u, u kind stuur om sy skoolloopbaan te begin.

Share.

About Author

Leave A Reply