Suidies sluit tweede kwartaal op hoë noot af

0

Suid-Natal Primêre Skool se hokkie en netbal-dogters het die seisoen afgesluit met ‘n heerlike gratis Zumba klas.

Dankie aan Juffrou Erasmus vir die leiding wat sy geneem het en ons kinders goed laat sweet het.

Die Graad 1, 2 en 3-seuns het rugby gespeel teen Southcity College.

Die seuns het met mooi gespeel en die senior seuns gewys hoe om spelers om die bene laag te vat. Gemengde uitslae is behaal. Dankie aan al die ouers wat ondersteun het.

Graad 6-leerders het ook ‘n suksesvolle markdag aangebied en heerlike snoepgoed vir honger magies voorsien.

Die Gesondheidsdepartement het ons Graad 1’s besoek en insiggewende gesondheidswenke met die ander grade gedeel.

Share.

About Author

Leave A Reply