Super-Suidie vir KZN netbalspan gekies

0

Suid-Natal Primêre Skool se graad 2-leerders geniet hulle rekenaar klasse terdeë en die seuns het geleer om op die Tux Paint program hulle eie weergawe van die buitenste ruimte te ontwerp.

Suidies is baie trots op Nadia Terry wat die KwaZulu-Natal netbalspan behaal het. Sy sal in Junie die span verteenwoordig in Boksburg. Weereens baie geluk Nadia.

Ons is baie dankbaar vir die hand van beskerming van die Here wat oor ons was tydens die verspoelings. Al ons leerders en personeel is veilig terug by die skool en ons verlies was bloot materialisties.

Ons wil ook dankie sê aan die ouers wat so spoedig gereageer het op die kort kennisgewing van die sluit van die skool tydens die ramp tyd.

Share.

About Author

Leave A Reply