Super Suidies vir Suidkus-rugbyspanne gekies

0

Suid-Natal Primêre Skool het ‘n besige week van sport agter die rug.

Die eerste, tweede en O/11 netbalspanne het ‘n toernooi by Creston gespeel en baie goed gevaar.

Ons junior en eerste span hokkie meisies het meegeding teen Izotsha. Die wedstryde was vir beide junior spanne leersaam omdat daar soveel meer reëls is as by mini-hokkie waaraan meeste van hulle gewoond is.

Vroeg Saterdagoggend het die Suidies vertrek na Gelofte waar daar hokkie, netbal en rugby gespeel is.

Al die spanne het hul harte uit gespeel en die leerders het dit geniet. Baie dankie aan al die ouers wat die spanne ondersteun het. Goeie sportmangees het geheers.

Die graad 4 groep het baie goed aangepas. Ons wens hulle sterkte toe vir die kwartaal en vir die eerste eksamens wat hulle gaan skryf van hulle skoolloopbaan. Hard leer; onthou, akademie kom eerste.

Baie geluk aan die volgende O/12 en O/13 seuns wat die Suidkus-rugbyspanne behaal het en die Suidkus gaan verteenwoording op 18 Mei by Maritzburg College: (foto, voorste ry van links) Tersius Bezuidenhout, Declyn Wijburg, Connor Barrows, Latino Pretorius, Jacques de Bruyn, Reagan Reyneke, (agterste ry: Wynand van Wyk, Christiaan Swanepoel, Ruben Smit, Aldrich Wichmann, Morné Earl, André Steyn en Eben Botes. Afwesig: Anrich Pretorius.

Baie geluk ook aan drie van ons personeellede wie gekies is as afrigters van die Suidkus-span.

Share.

About Author

Leave A Reply