Vier seisoene van kuns by Suid-Natal Primêr

0

Suid-Natal Primêre Skool se Graad 1’s het dit vreeslik geniet om meer van seisoene te leer.

Die kuns was verseker ‘n hoogtepunt vir hulle. Ons is baie trots op al die Graad 1’s se spogwerk.

Elf Suidie-personeellede het ‘n vlak 1 en 2 Noodhulpkursus bygewoon wat aangebied was deur MediVac. Hulle gemiddelde slaagpersentasie was 97%. Wel gedaan.

Geluk aan Marnu Koekemoer wat sy rekord verbeter het by die KZN tweekamp kampioenskappe. Ons is baie trots op ons atleet van formaat.

Sterkte aan al die Graad 4–7 leerders wat druk besig is met eksamen.

Share.

About Author

Leave A Reply