Witwarm wintersport by Suid-Natal Primêr

0

Suid-Natal Primêre Skool het ‘n suksesvolle Wintersportdag vir Graad 1, 2 en 3-leerders aangebied.

500 Rugby- Netbal- en Hokkie spelers het ywerig teen mekaar meegeding.

Elke span het ongeveer aan 5 wedstryde deelgeneem en basiese vaardighede en sportmangees ten toon gestel. Leerders en veral die ouers het dit baie geniet.

Baie dankie aan al die ouers vir die ondersteuning. Klaasvakie het seker vroeër ingetree na al die opwinding en energie wat verbrand is. Spanne het gemengde uitslae behaal.

Veels geluk aan Marnu Koekemoer wat die KZN Swemspan gehaal het. Dis ‘n uitmuntende prestasie vir ons talentvolle sportman.

Ons karate manne het weereens nie teleurgestel nie. By die Arnold Classic toernooi behaal Marcel du Toit, Marnu Koekemoer en Divan du Toit ‘n brons medalje in span kata.

Wian de Beer ryg die goeie medaljes in met sy deelname aan ‘n kompetisie in Windhoek. Hy word eerste geplaas met sy deelname in Suid-Afrika.

Jayden Forster en Armand Joubert het deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Ellis Park, Johannesburg waar Jayden ‘n skitterende brons en goue medalje verower het!

Foto: Een van Suidies se O/8 rugby spanne (voor van links) Chris Pretorius, Nian du Plessis, Marco Janssen, Ryan du Preez, Mnr. Quintin van Rensburg, (agter van links) Bailey du Preez, Jean-Jacques Homan, Ben van den Berg, Xayden Putter en Kaydon Devenish (agter meneer se kop) maak gereed vir hulle wedstryd.

Share.

About Author

Leave A Reply